GRATIS kourier vir bestellings bo R2 800!

Aangename Kennis

Feb 17, 2025
Aangename Kennis picture

Ek is Micaela Jacobs en ek is 26 jaar oud. Ek is getroud vir 5 jaar met 3 pragtige kinders. Ek het seker so 5 jaar terug my gedenkwyse begin draai na ‘n meer natuurlike leefwyse. Die gedagte met watter tipe produkte ons op ons liggame gebruik en veral watse medikasie ons inneem om gesond te word, het my nuuskierigheid meer begin prikkel.

Na navorsing en baie ‘trial and error’ het ek met ‘n groot skok agter gekom watter negatiewe impak chemikaliee gedrewe produkte eintlik op ons vel en liggaam het. Van produkte vir jou gesig, lyfwas, tandepaste en medikasie, die lys is baie lank, voed jy die grootste orgaan - jou vel, met goed wat net nie voordelig is vir jou gesondheid nie.

Na 5 jaar is ek uiteindelik op ‘n meer organies pad, veral as dit kom by my gesondheids-, skoonheids- en baba produkte. Ek hou baie daarvan om my liggaam te voed met organiese en suiwer produkte! Ek wil graag jou nuuskierigheid prikkel vir die volgende paar minute, sodat jy kan sien watse fantastiese produk jy in jou leefwyse kan inwerk, terwyl jy ta-ta se vir die ou jy en hallo vir ’n nuweling!

 

Organiese Leefstyl: Wat dit is en hoekom dit saak maak

'n Organiese leefstyl is 'n gesonde en suiwer manier tot jou lewe wat gesondheid, skoonheid en omgewingsbewustheid benader. Dit behels die gedenkwyse om ‘n bewuste keuse te maak wat persoonlike welstand bevorder terwyl respek vir die aarde bevorder word. Nie net is dit voordelig vir die natuur om ons nie, maar vir ons liggame en ons gesondheid. Alles om ons is iewers gevul met chemikaliee en onnatuurlike middels. Ons medikasie, skoonheidsprodukte, selfs ons kos en vleis is onbetroubaar! Dit is baie belangrik om na onsself te kyk en onsself goed te versorg deur ‘n gesonder leefwyse aan te pak. Dit is ‘n baie goeie belegging om op jouself te spandeer. Maak die keuse: gaan jy betaal vir goeie en betroubare produkte? Of gaan jy later meer geld moet uithaal as gevolg van die chemikaliee wat jy oor die jare vir jou liggaam voer? Dit is eintlik redelik eenvoudig - jy moet net die keuse maak!

Perfekte Alternatief

Die perfekte alternatief teenoor die chemiese produkte, is nie net ‘n natuurlike produk nie, maar ook suiwer en organies van aankoms. Dit kan moeilik wees om die regte produk te kry wat eintlik werk. Tog wonder mens ook nogsteeds of daar nie iets kleins in is wat nie skoon is nie ...

Wel, jy hoef nie verder te sukkel nie. Hier sal jy alles kry wat jou skoonheid en gesondheid vir die beste natuurlik sal voed!

Produk Bekendstelling

Welkom by jou Kurios-Earth alternatief! Van skoonheid na jou gesondheid, van jou kindertjies tot jou viervoetige vriende, is daar ietsie vir almal. Produkte behels:

  • FECO (Full Extracted Cannabis Oil): Volle plant se voordele word gebruik
  • CBD (Cannabidiol): Slegs een gedeelte van die plant, wat dit ‘ligter’ maak as FECO
  • Earth Reeks: Cannabis-vry
  • Schatzi Baba Reeks: Cannabis-vry

Waarom Kurios-Earth kies vir jou natuurlike roete?

In 'n wêreld vol sintetiese opsies is dit maklik om die krag van die natuur te vergeet. Maar wanneer dit by jou gesondheid en skoonheid kom, is die beste keuse 'n natuurlike een. Hier is hoekom Kurios-Earth se natuurlike produkte nie net 'n opsie is nie - dit is 'n slimmer, veiliger en meer volhoubare alternatief vir jou welstand.

  • Sag op die vel: dié produkte is vry van sintetiese chemikalieë en geure, wat die risiko van irritasie en allergieë verminder. Jou vel verdien die sagtheid van die natuur, nie harde bymiddels nie.
  • Voedingryk: propvol noodsaaklike vitamiene en minerale, gebruik ons ​​bestanddele wat jou liggaam en vel van binne na buite voed, wat jou help om 'n gesonde gloed te handhaaf sonder om op kunsmatige boosters staat te maak.
  • Natuurlik herstellend: dit ondersteun jou liggaam se eie prosesse, wat help om balans te herstel en algehele welstand te bevorder, wat tot langdurige resultate lei.
  • Geen verborge gifstowwe nie: Wanneer jy Kurios-Earth kies, vermy jy skadelike chemikalieë wat mettertyd in jou stelsel kan opbou - want jou gesondheid is jou rykdom, jou liggaam jou tempel.
  • Langtermynvoordele: Kurios-Earth is ontwerp om saam jou liggaam te werk om blywende verbeterings te verskaf, en bied voordele wat verder gaan as kitsoplossings en die bevordering van ware vitaliteit.

Maak die oorskakeling na Kurios-Earth, want wanneer jy teruggaan na basiese beginsels, sal jou vel en liggaam jou virewig dankbaar wees.

Vir navrae, stuur gerus enige tyd ‘n epos. As jy hulp nodig het vir ‘n behandeling, is jy ook meer as welkom om uit te reik, ons vraelys te voltooi en dan kan jy spoedig jou gesondheid omkeer.

 

Mag jy geseënd wees!

Micaela Jacobs

Share on

Comments

No comments yet.