Ons nuwe onderlaag is nou beskikbaar vir aankope!

Jou Organiese Alternatief

Ons streef daarna om 'n 100% organiese leefstyl te handhaaf, met topgehalte produkte vir die hele gesin:

Herstel | Reinig | Genees

Dít is ons missie

Genesing is die eerste ding waaraan ons dink wanneer ons met 'n kliënt praat. Ons fokus is altyd "Wat kan die produkte vir jou doen?" in plaas daarvan dat dit bloot net 'n produk is.

Ons glo dat daar 'n plantgebasseerde genesingsoplossing vir elke kwaal is. Ons olies word sorgvuldig geselekteer, om te verseker dat hulle van die suiwerste en hoogste gehalte is, wat afkomstig is van volhoubare bronne. Ons produkte is natuurlik en organies. Hulle weerspieël ons fundamentele oortuiging dat die natuur die beste weet! Ons oortuiging is eenvoudig: hoe meer suiwer die kwaliteit van die olie, hoe sterker is die terapeutiese en genesende effek.

Die uiteensetting van ons olies:

  • 30ml botteltjie - 600 druppels
  • 5 druppels p/dag - 120 dae
  • 8 druppels p/dag - 75 dae
  • 12 druppels p/dag - 50 dae

Ons produkte is baie gekonsentreed en het geen newe effekte nie, dit het gesonde en genesings effekte!

Elke produk het 'n dokument met nodige inligting, nl.:

  • Bestanddele
  • Hoe elke bestanddeel werk
  • Hoe om dit te gebruik
  • En meer

Die pdf's word per epos aan gestuur. LW: Hierdie dokumente is in engels.

Indien daar 'n spesiale versoek is, en daar is onsekerheid oor wat vir jou sal werk, vul gerus ons assesseringsvorm in: https://organies.myportmoni.com/forms/assesseringsvorm

Maak asb. seker alles is volledig beantwoord sodat die kommunikasie so glad as moontlik kan verloop. Laat weet ons gerus indien jy hulp nodig het met enige iets.

Mag jy geseënd wees!

- Micaela Jacobs